Update
HEIDELBERG RUGBYNUUS - Julian Buis is weer as voorsitter van Heidelberg-rugbyklub herkies tydens hulle algemene jaarvergadering op Saterdag, 30 Oktober.
Met Buis aan die stuur het die klub in die verlede uitstekende welslae in die Presidents- en Premierligas behaal. In 2017 wen die klub die Presidentsliga en skuif op na die gedugte Premierliga.
In sy eerste seisoen in die Premierliga verras die klub gedugte spanne wat jare reeds in dié liga speel en eindig vyfde uit die 20 top spanne van die SWD- liga.
Die volgende jaar, in 2019 verbeter die klub en haal die laaste vier, net om in die halfeindronde teen Crusaders vas te val. Toe die seisoen vir 2020 deur die Covid-pandemie gestaak word, was die klub derde op die log.
Buis het klublede bedank vir die vertroue wat hule in hom gestel het. Hy het die Heidelberg-gemeenskap die versekering gegee dat die nuwe bestuur die klub en gemeenskap se beste belange op die hart dra en dat die klub na nuwe hoogtes in 2022 gelei gaan word. Die klub geniet oorweldigende steun van die die dorp se inwoners.
Spanoefeneninge het reeds op 2 November begin.
Die nuwe bestuur
- Julian Buis (voorsitter);
- Hein Vollenhoven (ondervoorsitter);
- Gavin Geswindt (sekretaris);
- Carmelita Davids (hulpsekretaris);
- Vernon Jantjies (tesourier);
- David Amsterdam (wedstrydsekretaris);
- Lenodore Meyers en David McNeil (addisionele lede).
Hendrik Barnard, uitvoerende bestuurslid van die SWD-liga het as verkiesingsbeampte opgetree.
Agter, van links: Gavin Geswind, Lenodore Meyers, Vernon Jantjies en David Amsterdam. Voor: Hein Vollenhoven, Hendrik Barnard, Julian Buis, Carmalita Davids en David McNeil. Foto: Alex Marshall
VORIGE ARTIKEL: Buis weer in warm stoel
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'