HEIDELBERG RUGBYNUUS - Julian Buis is weer as voorsitter van Heidelberg-rugbyklub herkies.
Die nuwe bestuur is tydens die klub se algemene jaarvergadering op Saterdag, 30 Oktober verkies.
Met Buis aan die stuur het die klub in die verlede uitstekende welslae in die Presidents- en Premierligas behaal.
Spanoefeneninge het reeds op 2 November begin.
Agter, van links: Gavin Geswind, Lenodore Meyers, Vernon Jantjies en David Amsterdam. Voor: Hein Vollenhoven, Hendrik Barnard, Julian Buis, Carmalita Davids en David McNeil.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'