HEIDELBERG NUUS - Bridgton-rugbyklub het Saterdag 16 Mei die span van Heidelberg-rugbyklub op die Plate in Oudtshoorn met 39 - 29 geklop.
Dit nadat die tuisspan rustyd met 18 - 10 in hulle SWDRU Superliga-A wedstryd voor was.
Die tuisspan, wat tans die eerste plek op die punteleer beklee, het ses drieë teenoor die besoekers se vier vir 'n waardevolle bonuspunt aangeteken.
Heibi was ongetwyfeld baie ongelukkig om nie 'n tweede bonuspunt aan te teken nie, aangesien hulle goed in die tweede helfte gevaar het deur drie keer te gaan druk.
In die eerste wedstryd van die dag het Bridgton se C-span met 34 - 5 gewen, nadat hulle rustyd met 19 - 0 voorgeloop het.
Heibi se B-span het darem bietjie troos aan hulle lojale ondersteuners verskaf met 'n sege van 24 - 20, nadat hulle rustyd gedraai het met die telling 12 - 10 in hul guns.
Heibi speel hul volgende wedstryd op Saterdag 23 Mei tuis teen Silver Stars van George.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’