Video
RUGBYNUUS EN VIDEO'S - Groot-Brakrivier het vanaand in 'n titaniese stryd wat in ekstra speeltyd oorgeloop het, die span van Heidelberg in die SWD premierliga met 31-25 gewen.
Na die 80ste minuut was beide spanne se telling op telbord 22. In die ekstra speeltyd van 20 minute het Groot-Brakrivier met drie strafdoele geslaag.
Die 2023 SWD-klubrugbykampione het dié beker laas in 2009 omhoog gehou.
Baie geluk Brakkies!
Ander uitslae:
Beide Evergreens se B- en C-spanne het hul wedstryde teen Crusaders se spanne gewen.
Harlequins se A-span het All Blacks (A) geklop en Uniondale se A-span vir Black Birds (A).
B-spanne uitslae in die eersteliga word afgewag en sal bygevoeg word sodra dit ontvang.
Foto: Brakiekie
VERSKAFDE VIDEO - Skare vier wenspan se oorwinning (Video: Nathan Claassen).
VERSKAFDE VIDEO - Groot-Brakrivier se oorwinning (Video: Nathan Claassen).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’