Gallery
STILBAAI NUUS - Bokkoors het Stilbaai Vrydag 8 September getref toe die pregraad R-klas van Maryna Gunter by Pikkewouter-kleuterskool Bok Vrydag gehou het.
Hulle was soos wafferse Springbok-ondersteuners aangetrek en daar is wors gebraai en gees gevang soos wat jy net sal beleef op die skoolveld neffens Nuweland voor 'n toets of 'n Stormers-wedstryd.
Die seuns het rugby gespeel en die meisies het hulle aangepor met "Go Bokke go." Daar was net nie einde nie en met tye was daar meer as een wedstryd op dieselfde tyd aan die gang.
Oor die hele naweek het sommige restaurante Bok-ontbyte aangebied om die gees verder te bou en Sondagmiddag het die kuierplekke die Springbokke en Skotland op grootskerms laat speel.
Hier is daar nie so rondgehardloop soos by Pikkewouter nie, behalwe as daar moes plek gemaak word vir die volgende bier.
As dit van Stilbaai se ondersteuners afhang, speel die Bokke beslis in die eindstryd en dan gaan Stilbaai groot.
FOTOGALERY: Bokkoors loop hoog op Stilbaai
Die Springbokkies loop.
Hierdie groepie is oortuig die Bokke gaan wen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’