SLANGRIVIER NUUS - Arrows-rugbyklub het Saterdag 13 Augustus in hul tuiswedstryd teen Bitou van Plettenbergbaai hul kanse om in die uitspeel van die SWDRU Eersteliga-Wes mee te ding, lewendig gehou met 'n sege van 22 - 8 oor hul besoekers.
Die rustydtelling was 5 - 3 in die tuisspan se guns.
Albei spanne het 'n gebrek aan dissipline getoon, maar in dieselfde asem moet gemeld word dat die wedstryd geken-merk was deur volgehoue verdediging aan beide kante. Arrows was ongelukkig om nie 'n bonuspunt op te raap nie.
Die vlugvoetigheid van veral die tuisspan se agterspelers het hul opponente telkens in trurat gesit.
In die wedstryd tussen die B-spanne het die tuisspan die wedstryd met 12 - 5 verloor na hulle met 7 - 5 gedraai het.
Puntemakers
A-spanne
Arrows: Drieë - Jo-Hansen Jacobs (regtervleuel), Phillip Hendricks (losskakel) en Trevor Davids (flank); doelskoppe - John Michaels (skrumskakel) en Benito Pieters (senter); strafskop - Michaels.
Bitou: Drie - Brett Barnado (regtervleuel); strafskop - Shawn Jacobs (losskakel).
B-spanne
Arrows: Drie - Cerswin Davids (agsteman).
Bitou: Drieë - Louis Gerbeno (agsteman)(2); doelskop - Bronwyn Botha (senter).
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'