RIVERSDAL NUUS - 'n Vol program wag op Riversdal se sportliefhebbers vandag (Saterdag 16 Maart).
By Hoërskool Langenhoven word daar in hokkie, rugby en netbal teen Hoërskool Knynsa meegeding.
Die hokkiewedstryde begin om 09:00 tussen die o.18-spanne gevolg deur die o.16-spanne om 09:55 en die o.18's om 10:50.
Die netbal en rugby begin ook om 09:00. Langenhoven se eerste rugbyspan kom om 12:00 aan die beurt.
Die SWD Rugbyunie se klubrugbyliga skop ook vandag af.
In die Eerste Liga A pak Riversdal Blues vir Uniondale op sy tuisveld (eerste span se afskop om 16:00) en in Melkhoutfontein kom Seagulls teen Happy Hearts te staan.
In die Super A-liga speel Heidelberg tuis teen George.
Hoër Landbouskool Oakdale reis na Kaapstad om aan die Wynberg-rugbydag deel te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’