STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard se OK Foods-sportdag Saterdag 27 Julie het 1 200 leerders van 12 skole na Stilbaai gelok.
Van vroegoggend het die kinders baljaar met rugby en netbal en met tye was daar vier rugby- en drie netbalwedstryde tegelykertyd aan die gang.
Die ouers was daar in hulle getalle om die kinders luidkeels aan te moedig en natuurlik ook om te help afrig, want wie weet nou meer as 'n ouer.
Die dag het in goeie gees en sportmanskap afgeloop en almal is gelukkig huistoe, want op so 'n dag is wen nie alles nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’