RUGBY NUUS - Die SWD Arende se wedstryd in die 1ste divisie van die Curriebekerreeks wat môremiddag (26 Junie) teen die Luiperds in Potchefstroom sou plaasvind, is afgestel.
Dit is kort gelede deur Martin de Vos, spanbestuurder van die Arende bevestig.
"Dit is afgestel weens covid-19 protokolle."
Volgens De Vos is die besluit Donderdag geneem nog voordat die Arende na Potchefstroom sou vertrek het. Die Luiperds kry vier punte in die reeks. Dit sou die Arende se tweede wedstryd in die reeks gewees het.
"Ons is uiteraard teleurgesteld. Ons sien reeds uit na die volgende wedstryd teen die Griffons aanstaande Vrydag (2 Julie) op Outeniquapark," het De Vos gesê.
*Die Arende het verlede week sy eerste wedstryd teen die Valke gespeel en ongelukkig 17-50 verloor.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'