STILBAAI NUUS - Daar was groot opwinding op Laerskool Bertie Barnard se sportterrein toe dit Donderdag 4 Desember in 'n water wonderwêreld omskep is.
Die gr. R-klas het waterkaskenades as 'n fondsinsameling aanmgebied en die leerders het dit gate uit geniet.
Die heel kleintjies het eerste 'n beurt gehad om al die verskillende aktiwiteite te beproef voordat die groter kinders losgelaat is om die water te laat spat.
Die skuim glybaan is veral druk besoek en daar kon die groter kinders hulle kreatiwiteit in water en skuim uitleef.
Daar is behoorlik gespring, gegly, gelag en gespeel op 'n dag propvol energie en opwinding en dit moes hulle sekerlik in die vakansiestemming gebring het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’