RUGBY NUUS - Die SWD Arende sal seker saamstem dat die een se dood is die ander se brood. Die span sou die afgelope Saterdag, 27 Mei, in Harare teen die span van Zimbabwe uitdraf in die Mzansi-reeks, maar die wedstryd is ongelukkig afgestel.
Die span het toe die vyf punte in die reeks verdien en deurgedring na een van die halfeindstryde in die reeks. Die span is veronderstel om die naweek teen Kenia in Nairobi te speel.
Veda Manie, bestuurder van SWD-rugby, het Dinsdag gesê die span is nou eerste op die punteleer in die reeks.
Die naweek se wedstryde sal bepaal waar die halfeindstryd gaan plaasvind.
Die span wat uiteindelik eerste klaarmaak sal op sy tuisveld speel teen die span wat vierde is.
Die span wat tweede is sal speel teen die span wat derde is. Die halfeindstryd sal op 10 Junie gespeel word.
Die span se drome in die eerste divisie van die Currie-bekerreeks het ongelukkig geëindig toe hulle met 15 - 29 teen Boland Kavaliers verloor het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’