HESSEQUA NUUS - All Blacks van Oudtshoorn het Seagulls-rugbyklub van Melkhoutfontein Saterdag, 7 Mei teen alle verwagtinge in, hard aarde toe gebring deur hulle met 42-31 te wen.
Die rustydtelling was 22-12 in Oudtshoorn se guns.
Die besoekers, wat tot Saterdag die voorlopers in die SWD se Superliga B-loga was, kan egter steeds hul koppe hoog hou nadat hulle vyf drieë teenoor die tuisspan se ses ingepalm het in dié opwindende wedstryd.
Everton Manewil, bulslot van All Blacks, storm hier voort soos ‘n Frik du Preez, Springbokslot en legend van ouds. Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'