ALBERTINIA NUUS - Albertinia Rangers het sy vriendskaplike rugbywedstryd verlede Saterdag teen Titans in Mosselbaai gemaklik met 40 - 20 gewen.
Dit nadat hy in sy eerste opwarmings-wedstryd teen Barbarians, ook van Mosselbaai, vasgeval het.
Albertinia het vanjaar 'n klomp jong spelers in sy span en hoewel hulle dalk nog ervaring kortkom, stuit hulle vir niks, soos wat hulle teen Titans deeglik bewys het.
Spelers wat 'n barshou gespeel het, was die Allen Samaai (agtsteman) en Clinton Daries (flank) onder die voorspelers en agterlangs was dit Hagan Paulsen (vleuel) en Angelo Uithaler (heelagter).
Rangers se B-span het Titans B met 21 - 5 geklop, maar sy C-span het met 10 - 17 teen die Mosselbaaiers verloor. Heinrich Fortuin, fotograaf van Suid-Kaap Forum, het sake gaan dophou en al die aksie op kamera vasgelê.
Hagan Paulsen (vleuel) was weer gevaarlik met die bal in die hand.
Bronwin Vaaltyn duik oor vir sy drie.
Allen Samaai, agtsteman van Albrtinia Rangers, nael sterk met die bal.REGS: Angelo Uithaler op pad doellyn toe.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Tuinroete nuus'