Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Al 15 rugbyspanne van die Hoër Landbouskool Oakdale het die naweek van 28 Julie hul wedstryde gewen.
’n Totaal van 704 punte is aangeteken en slegs 50 punte is afgestaan.
Die spanne het teen HLS Marlow van Cradock, Hoërskool York en ’n span van Melkhoutfontein meegeding.
Die gholfspanne van Oakdale en Marlow het Vrydag op die gholfbaan kragte gemeet en Oakdale het die kragmeting met 330 teen 280 gewen.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'