Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die jaarlikse Vlakte-marathon van Heidelberg na Witsand word weer op Saterdag 25 November deur die Langeberg-atletiekklub aangebied.
Atlete het 'n keuse van die marathon (42,2 km), 'n halfmarathon (21,1 km) of twee korter afstande: oor 10,4 km of die pretdraf oor 5 km.
Vir toeskouers sal daar kosstalletjies en 'n biertent beskikbaar wees.
Dis die 21ste bestaansjaar van die Vlakte-marathon, wat ten bate van Kansa aangebied word.
Vir enige navrae kontak Nico Steyn by 083 226 3091.
FOTOGALERY: Jaarlikse Vlakte-marathon van Heidelberg na Witsand einde van die maand
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’