SPORT NUUS - 'n Groep Eden MPA-atlete het die Wes-Kaap tydens die 2023 SA moderne vyfkamp en vierkamp* kampioenskappe in Bloemfontein oor die Paasnaweek verteenwoordig.
Die atlete het besonder goed presteer en het die volgende medaljes huis toe gebring:
- Marilie Duvenage (dogters o.17) goud in moderne vyfkamp (modern pentathlon);
- Duné Haasbroek (dogters o.15) brons in moderne vyfkamp (modern pentathlon);
- Wanru Haasbroek (seuns o.11) goud in moderne vierkamp (modern tetrathlon);
- Johan Windt (Masters 70+) goud in moderne vierkamp (modern tetrathlon).
Vyfkamp (modern pent-athlon) behels die volgende: 'n hindernisbaan; skerm; swem; laser run (pistoolskiet en hardloop), en vierkamp (modern tetrathlon) bestaan uit dieselfde afdelings, behalwe die hindernisbaan.
Neem deel aan laser run
Met laser run as een van die dissiplines in die moderne vyfkamp, word daar 'n UIPM Laser Run City Tour plaaslik by Glenwood House op Saterdag 29 April aangebied, tesame met die Wes-Kaapse kampioenskappe.
Vir navrae en inskrywings, stuur 'n WhatsApp na Mariska by 079 895 8001.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’