Gallery
STILBAAI NUUS - Veldfietsryers vanoor die land het Saterdag 12 November aan die jaarlikse Stilbaai-funduro deelgeneem.
Die 60 km-roete het menige ryer laat sweet, terwyl ander dit selfs vir 'n tweede keer aangepak het.
'n Totaal van 171 ryers van so jonk as 14 jaar het van sover as Welkom en Bloemfontein in die Vrystaat, Port Elizabeth en Plettenbergbaai in die Oos-Kaap en die Kaap gereis, terwyl tweewielryers van die omgewing ook aan die funduro, wat vanjaar vir die vierde agtereenvolgende keer aangebied is, deelgeneem het.
FOTOGALERY: Veldfietsryers neem deel in Stilbaai-funduro
Stadig oor die klippertjies. Laat ek eers kyk of dit veilig is vir julle om die pad oor te steek.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'