RIVERSDAL NUUS - Die eindstryd van die sosiale rolballiga, wat verlede Donderdag by die Riversdal-rolbalklub afgehandel is, was 'n titaniese stryd tussen twee mededingende spanne, maar dis uiteindelik die Tornado Kings wat met 'n twee punte verskil die knoop kon deurhak teen die 2021-kampioen, Agri B.
Almal was dit eens: die Tornado Kings verdien die wentrofee vir hul veggees en volharding tot aan die einde.
Riversdal-rolbalklub het sy dank uitgespreek teenoor al die spanne en die publiek wat die sosiale liga ondersteun het en het ook die wenspan gelukgewens met hul puik vertoning op en van die baan af.
Tornado Kings is van links: Geoffrey Prins, Shanelle Saayman, Sandra Saayman en Marius Saayman.
Celvin Basson (links), skip van Agri B, oorhandig die wisseltrofee aan Marius Saayman, skip van Tornado Kings. Agri B het die trofee verlede jaar ingepalm.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'