Gallery
RIVERSDAL SPORT NUUS - Die Eden-interdistrik jukskeitoernooi het Saterdag 15 Februarie op die dorp plaasgevind.
Vier provinsies met 20 spanne het deelgeneem. Henry Gerber (voorsitter Eden-distrik) het verduidelik daar is in vier afdelings meegeding.
Elke span het ses wedstryde van 'n uur elk onder die blakende Suid-Kaap son gespeel. Uit die wenners van dié toernooi sal spelers vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap wat van 21 tot 27 April op Kroonstad gehou word, gekies word.
Fotogalery: Skeie klap op Riversdal
In die A-afdeling het Westelike Provinsie met 46 punte gewen. Die wenners van sowel die B-as die C-afdeling was die Kaapse Wynlande. Die punte van die B-spanne was 50.5 en die C-spanne 39.5. Die D-afdeling is deur Westelike Provinsie met 50 punte ingepalm.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'