RIVERSDAL NUUS - Sy katrol nie net die grotes met eentonige reëlmaat in nie, maar maai ook onder die trofeë en rekords.
Celena van Zyl, 'n gr. 8-leerder van Hoërskool Langenhoven, is onlangs by die Suid-Kaapse Hengelvereniging se jaarlikse prysuitdeling in Oudtshoorn vir haar puik prestasies langs die viswaters vereer.
Sy is gekies vir die Suid-Kaapse skolespan en ook as reserwe vir die junior o.16-span.
Sy is ook aangewys as die topvrou asook die topjunior in die o.16-liga tydens die winterliga.
By die Stilbaai-hengelklub se prysuitdeling is Celena ook aangewys as die topjunior en topvrouehengelaar.
Sy het ook die meeste haaie in die klub gevang en het 'n algehele tweede plek in die ope-afdeling verwerf met vangste van 163,48 kg.
Sy het ook die swaarste haai, 'n diamantrog van 32,5 kg, vir die jaar tydens klubkompetisies gevang.
Celena van Zyl, 'n gr. 8-leerder van Hoërskool Langenhoven, met een van die haaie wat sy tydens 'n klubkompetisie gevang het.
Visvang is ongetwyfeld in Celena van Zyl se bloed.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'