Die toekennings is tydens 'n luisterryke funksie in die banketsaal van die Oudtshoorn-munisipaliteit gemaak en het al die top sportlui in die streek vereer.
Sowat 300 gaste en finaliste het die geleentheid bygewoon. Mathrin Simmers (SWD-rugby) is die sportvrou van die jaar. Nog 'n George-sportvrou en skopbokser, Janine van der Merwe, is as die skole sportvrou bekroon terwyl die George branderplankryer, Bianca Buitendach, as die junior sportvrou aangewys is.
Die toekennings wat gemaak is, is:
- Administrateur: Koos Louw (Suid-Kaap Rolbal)
- Afrigter: Rob Holden (Suid-Kaap Seiljagvereniging)
- Plaaswerker: Joey Julies
- Riaan Loots: Zoar Sportraad
- Tegniese uitnemendheid: Patrick Jaftha
- Federasie: SWD-fietsry
- Nuweling: Anneke Jordaan
- Span van die jaar: Suid-Kaap IPT Mans Gholf
- Skolespan van die jaar: Oakdale-toutrekspan
- Skole ontwikkelingspan: Groot-Brak Senior Sekondêr Rugby
- Primêre skool sportvrou: Minneke van der Merwe
- Primêre skool sportman: Louis Meiring
- Skole sportvrou: Janine van der Merwe
- Skole sportman: Warrick Gelant
- Gestremde sportvrou: Elna Madolo
- Gestremde sportman: Dyan Buis
- Junior sportvrou: Bianca Buitendach
- Junior sportman: Marcello Piedt
- Inheemse sportster: Immiraan Malgas
Minneke van der Merwe het die toekenning ontvang as laerskole sportvrou van die jaar.