TUINROETE NUUS - Die Robbertse-egpaar van Stilbaai, Piet en Magda het met die goue medaljes weggestap in die Eden gemengde pare kampioenskap wat by die George-rolbalklub beslis is.
Altesaam 84 spanne van oor die hele streek het vanjaar ingeskryf en die kompetisie was vanuit die staanspoor geweldig taai. Selfs in die uitspeelstryde was daar min te kies tussen die voorlopers met elke span wat geweier het om bes te gee.
Die Robbertse het egter koelkop gebly en tot die laaste bal op die titel gefokus.
Hulle het vir prof. Stadler en Petro Breedt van die George-rolbalklub in die eindstryd uitgeskakel.
Die derde plek is deur Das Barnard en Anri Fick van Outeniqua-rolbalklub ingeneem.
Die wenners gaan nou Eden-rolbal by die SA gemengde pare kampioenskap van 20 tot 23 Junie in Ekurhuleni verteenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'