STILBAAI NUUS - In die jaarlikse kragmeting tussen die Stilbaaiers en Jongensfontein met besoekers het 66 spelers in lekker gesellige gees om die groot pryse meegeding wat deur Kiewiet Eiendomme geborg is. Stilbaai het hierdie keer met die louere weggestap.
Uitslae
1. Luther Vlok (lei), Theresa Jones (tweede) en Fred Laing (skip); 2. Besoeker (lei), Boet Jordaan (tweede) en Piet Robbertze (skip); 3. Dup van Renen (lei), Wessel Potgieter (tweede) en Piet Roodt (skip).
Familiedag
1.Jaco Pieterse (besoeker), Lida Jacobs, Jan Jacobs en Jan Steyn; 2. Baps de Klerk se span met haar 9-jarige kleinseun Eran, wat elk 'n hoender gewen het, geborg deur Louise Steytler.
Die wenner van die skaaplam, 3 kg wors en 3 kg maalvleis is Ansie Barnard van Palinggat, Stilbaai. Rina Gouws het die
R1 000 kontantprys gewen en Dup van Renen die R500 Spar geskenkbewys.
Die klub bedank almal wat kaartjies gekoop en hul borge wat hierdie fondsinsamelingsprojek moontlik gemaak het.
Baie verbeterings is by die klub aangebring en die bane is in 'n puik toestand. Die hoofbaan is weer in gebruik nadat dit oorgedoen is.
'n Nuwe onderdakbraai is gebou en gordyne is vervang.
Belangstellende spelers word genooi om deel te word van die rolbalfamilie. "Ons klub beskik oor bekwame afrigters wat u met graagte sal touwys maak. Kom besoek ons gerus op Maandag, Woensdag en Saterdagmiddag en raak deel van die spel," nooi Veronica Enright.
Sy kan gekontak word by 073 299 8957.
Van links is Luther Vlok, Theresa Jones, Fred Laing, Mariana van der Walt (klubpresident) en Frans Malherbe namens Kiewiet Eiendomme.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'