Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die dorp spog nou met twee pragtige topklas padel-bane danksy Jaco van Zyl van Droëvlakte.
Die bane is Vrydagaand amptelik geopen en te oordeel na die belangstelling gaan hierdie twee bane by Stilbaai-gholfklub 'n gewilde bymekaarkomplek wees.
Die baan lyk soos 'n tennisbaan, die bal lyk soos 'n tennisbal, net baie harder, maar die raket het 'n heelwat korter steel.
Hierdie is egter nie tennis nie en dit gaan heelwat van jou energie tap.
Besoek die bane by die gholfklub om meer uit te vind en onthou jy boek op die playtomic-toepassing.
Video: Die Stilbaai padelbane het Vrydagaand, 31 Oktober, by die Stilbaai Gholfklub oopgemaak, en besprekings kan op die Playtomic-toepassing gedoen word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’