STILBAAI NUUS - Die galjoene gaan Saterdag 9 Augustus weer al hulle vernuf nodig hê om die vishoeke te ontduik, want Stilbaai se gewilde galjoenderby lok jaarliks die beste hengelaars om groot pryse te wen.
Dit is vanjaar die 31ste keer wat Stilbaai-hengelklub die kompetisie aanbied en hengelaars kom van heinde en ver.
Dit skep ook 'n geleentheid vir Stilbaai om sy legendariese gasvryheid ten toon te stel.
Die hengelaars kom reeds Vrydagmiddag en -aand by die klubhuis langs die rugbyveld bymekaar en dis waar jy die lekker hengelstories hoor.
Vir navrae kontak Elzanne Cronjé by 083 457 2518.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’