STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Funduro is op Saterdag 16 November vir die sesde agtereenvolgende jaar by Droëvlakte-omgewing net buite Stilbaai aangebied.
Die laaste drie jaar was op tant Sannie se plaas op Droëvlakte met die grootste gedeelte van die roete wat ook oor haar plaas strek.
Die hele roete is op privaat plase, wat nie andersins vir ryers oopgestel word nie, en ryers kon net tydens die byeenkoms ry.
Hulle het van sover as die Kaap, Plettenbergbaai, Oudtshoorn en Velddrif af gekom. Daar was selfs 'n ryer wat van Pretoria afgevlieg het.
Heelwat ryers het al aan elkeen van die ses byeenkomste deelgeneem.
Die Stilbaai Funduro is op die kalender van Funduro-byeenkomste, wat meestal in die Wes-Kaap aangebied word, en is ‘n baie gewilde byeenkoms, veral oor die tipe roete wat ‘n goeie balans tussen maklik en moeilik bied. Die roete is ook goed gemerk en ryers verdwaal nie sommer nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’