STILBAAI NUUS - Die fikse manne en vroue het gestap van die swemgat in Jongensfontein in die rigting van Stilbaai vir vier kilometer en toe weer terug na die swemgat.
Daar aangekom het Karl-Heinz Niemand, Carel Fourie en Graham Ramsey hulle ingewag met boerewors rolletjies vars van die kole.
Dr Deon Begemann sê dat elkeen teen sy/haar eie pas stap en stappers besluit self hoe ver hulle wil stap.
Daar is dus plek vir geharde stappers sowel as diegene wat net vir die pret stap.
Gaan kyk gerus op Stilbaai U3A se webblad vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’