Honderde inwoners en oud-inwoners van sover as Pretoria, Pietersburg, George, Mosselbaai, Kaapstad en ander nabygeleë dorpe het die geleentheid, wat Vrydagaand met rugbywedstryde voorafgegaan is, bygewoon.
Heidelberg Ou Kroks en hul eweknieë van Riversdal, asook Kairos Senior Sekondêre skool se o.19's en ’n Uitnodigingspan van Heidelberg Abet het teen mekaar kragte gemeet. Daar was ook tafeltennis en domino's in die paviljoensaal gespeel.
’n Groot optog vanaf die Duivenhoks Gemeenskapsaal deur die Oos-Dorp, via die Sentrale Dorpsgebied tot by die sportgronde het Saterdag se verrigtinge aangekondig.

