Dit was tydens hul algemene jaarvergadering wat op Vrydag, 8 Junie in George plaasgevind het. Hy het ook die feit onderstreep dat die SWD Sportraad, asook die Wes-Kaap Sportraad, daartoe verbind en as lid van SASCOC onder verpligting is om die Nasionale Sport en Rekreasie Plan (NSRP) deur te voer.
Munro het dit duidelik gestel dat dit vir baie sportfederasies drastiese aanpassings en veranderings gaan inhou, veral met die nuwe grensafbakenings wat voor Mei 2013 in plek moet wees. Ook skolesport sal geraak word met die feit dat georganiseerde skolesport voortaan direk onder beheer van die kode se federasie gaan sorteer. Dit gaan 'n groot verantwoordelikheid vir die federasies meebring, maar kan op die lang duur net voordele vir albei inhou.
Verskeie grondwetlike aanpassings is ook gemaak om dit in lyn met die NSRP te bring.
SWD is bevoorreg om sportadministrateurs van gehalte te hê - om die woorde van die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport te herhaal. Daar word besef dat sportadministrateurs dit in die meeste gevalle vir die liefde van die saak doen, maar sonder hierdie vrywilligers kan sport in Suid-Afrika glad nie bedryf word nie. Die leuse van die SRSA, Active and Winning Nation, kan net slaag as alle sportliggame saamwerk.
* Die nuwe uitvoerende bestuur wat verkies is bestaan uit : Goliath Munro (voorsitter); Desmond Speelman (vise-voorsitter); Dave van der Walt (sekretaris); Christel Johannes (tesourier); Sunette Marais en Corné Bence (federasies); plaaslike sportrade is vakant (JP Abrahams oorlede); Amanda Stripp (vrouesport); Reggie Dyssel (plaaswerker sport); Mariet Oosthuizen (sport vir gestremdes); Barries Barnard (transformasie-beampte); Abrie de Swardt (afrigtersvereniging); streeks sportakademie is 'n nuwe toevoeging en sal gekoöpteer word; Pat Witbooi en Edith Joseph (skolesport); Dirk van der Westhuizen (Ex Officio)(DCAS); distriksmunisipaliteite is 'n nuwe toevoeging - moet nomineer (Ex Officio).
Vir enige navrae kan die sekretaris, Dave van der Walt, gekontak word.

Die SWD Sportraad se nuwe uitvoerende bestuur.