RIVERSDAL NUUS - Die eindstryde van die sosiale rolballiga vir besighede en Riversdal-klub is verlede Donderdag afgehandel.
Die Underdogs het die klubliga gewen en die Willehonne die besigheidsliga. Dis die tweede agtereenvolgende jaar wat beide spanne in hul onderskeie liga's geseëvier het.
Die top-3-uitslae in die twee afdelings was as volg:
Klubliga-wenners:
1. Underdogs (Mario Ludick, Celvin Basson en Bennie Basson).
2. City Boys (Relton Damons, Brendon Damons en Francois Damons).
3. Pitbulls (Ashley Basson, Carlton Daniels (staan in vir Remegon Jantjies), Mario Ludick (staan in vir Godfrey Fielies).
Besigheidsliga-wenners:
1. Willehonde (Piet Lourens, Jan-Cor Stegmann, Wikus Nel en Jacobus Goedhals).
2. Thusong Tigers (André Heyns, Raymond Heunis, Gilmore Saal en Sandra Saayman (staan in vir Marius Saayman).
3. W&J Motors (Hugo van Dyk, Francois van Dyk, Eddie Snyman en Dougie Slabbert).
Die Hessequa-sportraad het vanjaar nuwe wisseltrofeë en medaljes vir die wenners geskenk en die organiseerders wil hiermee hul dank uitspreek vir die welwillende gebaar.
Natuurlik ook 'n groot dankie aan al die spelers wat deelgeneem het en die publiek wat die spel kom ondersteun het.
Die Thusong Tigers was die naaswenners in die besigheidsliga. Van links is André Heyns, Raymond Heunis, Gilmore Saal en Sandra Saayman (staan in vir Marius Saayman).
Die Underdogs het die Riversdal-rolbalklub se sosiale liga gewen. Van links is Mario Ludick, Celvin Basson en Bennie Basson. Foto's: Charl Nortje
Die City Boys was die naaswenners in die klubliga. Van links is Relton Damons, Brendon Damons en Francois Damons.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’