RIVERSDAL NUUS - Sosiale rolbalspelers wat weer wil deelneem aan die tweede seisoen van die Riversdal-rolbalklub se besigheidsliga kan solank hul rolballe afstof vir wanneer die gewilde liga einde Augustus weer begin.
Slegs 24 spanne sal toegelaat word om in te skryf en inwoners en enige lid van die publiek mag ook deelneem. Daar is genoeg rolballe beskikbaar vir spelers wat nie hul eie balle besit nie.
Dit kos R600 per span om deel te neem en belangstellendes moet vóór 24 Augustus hul deelname bevestig sodat die spelrooster betyds uitgewerk kan word.
Betalings moet voor of op 31 Augustus by Charl gedoen word.
Spelers wat op die WhatsApp-groep gevoeg wil word, kan gerus vir Celvin Basson by 073 148 7717 kontak.
Dié sosiale liga word altyd goed ondersteun en lok spelers van alle kleure en geure. Foto: Hugo Redelinghuys
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’