Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die laaste van vier inderdistrikte jukskeiwedstryde is op die plaaslike klub se bane aangebied.
Vier wedstryde waaraan gemengde spanne deelneem word jaarliks aangebied. Eden-, Kaapse Wynland-, Overberg- en Wes-Kaap-distrikte het Saterdag 2 Maart mekaar die stryd aangesê.
Dié sport word veral onder die jeug bevorder en al meer jongmense neem deel.
Riversdal SuperSpar is in 2009 vir borgskap genader en is tot vandag toe een van die hoofborge.
Riversdal Toyota was ook 'n hoofborg van Saterdag se wedstryd. André van Wyk, eienaar van Riversdal SuperSpar het verlede jaar die baan geopen deur die eerste skei vir die dag tydens die Trips Gielie Wessels-dag te gooi.
Uitslae vir Saterdag
A-Spanne: 1. Kaapse Wynlande A1; 2. WP en 3. Eden.
B-Spanne: 1. Kaapse Wynlande; 2. Overberg en 3. Eden B1.
C-Spanne: 1. WP; 2. Eden C1 en 3. Kaapse Wynlande C2.
D-Spanne: 1. Kaapse Wynlande; 2. Eden D1 en 3. Overberg.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Jukskeispanne ding mee
Vuyolwethu Qhogi (16) van Westelike Provinsie was een van die jonger deelnemers. Foto’s: San-Maré Cronjé
Henry Gerber van die Eden-distrik.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'