Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die laaste van vier interdistrikte jukskeiwedstryde is Saterdag 2 Maart op Riversdalklub se bane aangebied.
Vier wedstryde waaraan gemengde spanne deelneem word jaarliks gespeel.
Eden-, Kaapse Wynland-, Overberg- en Wes-Kaap distrikte het mekaar Saterdag die stryd aangesê.
Dié sport word veral onder die jeug bevorder en al meer jongmense neem deel.
André van Wyk van Riversdal SuperSpar is vir sy borgskap sedert 2009 bedank.
Kyk 'n video hieronder:
Lutho Kamte is 15 jaar oud en het Saterdag deelgeneem.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'