STILBAAI NUUS - Stilbaai Rolbalklub het Saterdag 8 Junie hulle Presidentsdag toernooi in perfekte weer aangebied.
Twee-en-twintig spanne het deelgeneem en daar was selfs 'n span al die pad van Durbanville af.
Twee dertien-jarige dogters, Inge Geldenhuys van Oudtshoorn en Karlien Oelofse van Outeniekwa, het ook hulle slag gewys.
Beide van hulle het gesê dat hulle liefde vir die spel is gekweek deur hulle oupas en pa's wat almal rolbal speel en gespeel het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’