RIVERSDAL NUUS - Riversdal-rolbalklub het vyf lede gehad wat die klub by die Eden-liga, vierde afdeling) se tweede en derde rondtes op onderskeidelik op 22 en 29 Januarie verteenwoordig het.
Die dubbelsspan het uit Brendon Damons en Charldré Saayman bestaan en die tripsspan uit Bennie Basson, Ashley Basson en Celvin Basson.
Die spanne het die eerste plek in die vierde afdeling behou.
"Albei spanne het uitstekend gespeel en absoluut verdien om die eerste plek te behaal weens hulle puik rolbal," het Charl Nortjé, klub-mediawoordvoerder gesê.
Die klub skuif dus nou na die derde afdeling in 2023 op.
Puntestand (eerste 5 plekke)
1. Riversdal;
2. Sedgefield;
3. Outeniqua;
4. Oudtshoorn;
5. Outeniqua.
Veronica Enright (oud-president) gee die leisels oor aan Frans Blaauw.
Eden o/20-span
Die klub se junior speler, Shanelle Saayman is op 2 Februarie gekies om Eden Bowls as 'n lei in Eden se A-span vir hul o/20's te verteenwoordig. Sy het op 24 en 31 Januarie proewe op Outeniqua gespeel. Saayman sal op 29 Maart tot 1 April in Bloemfontein by Rolbal Suid-Afrika nasionale junior kampioenskap vir Eden rol.
"Riversdal-rolbalklub is geweldig trots op Shanelle vir haar prestasie en wens haar sterkte toe vir die kampioenskap," het die klub se mediawoordvoerder, Charl Nortjé gesê.
Nuutverkose klubpresident
Frans Blaauw is tydens die algemene jaarvergadering op 19 Januarie as nuwe president vir 2022 ingehuldig.
"Ons wens hom sterkte toe en weet dat hy sy rol baie goed sal vervul."
Gewone spel
Tydens gewone spel op 5 Februarie het Sandra Kriel en Pieter Kleinhans koopbewyse ontvang vir die grootste punteverskil.
Celvin, Ashley en Bennie Basson, Charldré Saayman en Brendon Damons het Riversdal-rolbalklub se naam hoog gehou.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'