HESSEQUA NUUS - Klipdrifhoogte-dominoklub van Riversdal het na die halfeindronde deurgedring nadat hulle weer met Youngstars van Slangrivier met 52-44 afgereken het.
Youngstars het vroeg in die wedstryd met 21-3 voorgeloop, maar het nie met Nico Joseph en Elize Hendricks rekening gehou nie.
Hulle teken gesamentlik 30 punte aan en is as spelers van die wedstryd aangewys.
In die ander kwarteindronde-wedstryd wen Nietverloren van Albertinia vir Griekwas, verlede jaar se kampioene met 51-24.
Die name van Coenrad (Ou Beer) Jantjies en Edward (Tiekkel) Kortjie moet uitgesonder word wat saam 26 punte aanteken en as spelers van die wedstryd gekroon word.
Die halfeindstryde tussen Klipdrifhoogte en Super Sterre van Heidelberg; asook Nietverloren en Western Flyers op Slangrivier vind Sondag 29 Oktober plaas.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'