Hoewel die o.13-span met o.11 spelers volgemaak moes word as gevolg van spelers wat onttrek het, het hulle hul goed van hul taak gekwyt.
Die o.13 seunspan het tweede in hul liga ouderdomsgroep met silwer weggestap, die o.13 meisies was vyfde in hul liga en van almal het hulle die meeste wedstryde gespeel. Die o.15 seuns het vierde in hul strawwe liga geëindig.
Dit is die eerste keer dat een van die SWD-spelers as kaptein van 'n SA-span gekies is. Trevor Coetzee en André Hickman is as SA o.11 meisies se spanbestuurder gekies en het ook sy SA Springbokkleure verwerf. Uit die 28 spelers wat deelgeneem het, is 18 in die nasionale skole ringbalspanne opgeneem.
Die bestuur wens al die SWD-spanne geluk wat die provinsie se naam so hoog gehou het en bedank die spanbestuurders en ouers vir hul harde werk, ondersteuning en opoffering.

Die Presidentspan bestaan uit agter van links Kenneth Frans (Garden Route Primary), Brent Jobs (Erika Primêr), Lowan Joseph (Hoërskool Albertinia) en Ockert Fourie (Hoërskool Punt). Voor is Lee-Jane November (Oker Primêr); Benidic Sebolai (Garden Route Primary), Shané Snyders (Laerskool Park) en Zenobia Maart (Erika Primêr).

Die SA Springbokspan bestaan uit Lupho Ngxotheni (Erika Primêr), André Hickman (spanbestuurder: o.11 meisies), Keeno Bailey (All Saints Primary), Trevor Coetzee (k) (Hoërskool Punt), Wayne Cameron (Hoërskool Albertinia) en Jenezeen James (Oker Primêr).