RIVERSDAL SPORTNUUS - Riversdal-rolbalklub se 2020 sosiale liga het Donderdag, 5 November tot 'n einde gekom met die Rietmuskiete wat as die ligakampioene aangewys is.
Hulle het teen Vichen in die eindrondte gespeel.
W & J Motors het die derde plek verower, met Spurmense wat die vierde plek ingeneem het.
Die kompetisie is deur George Uys georganiseer.
Frans Blaauw, president van die klub het die prysoorhandiging behartig.
Die Rietmuskiete se span is Piet Lotz, Saggie van As, Adriaan Geldenhuys en Hennie Pfaff. Foto's: Charl Nortjé
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'