Update
RIVERSDAL ROLBALNUUS - Retha Lategan (skip), Sandra Saayman (tweede) en Miemie du Plessis (lei) het Riversdal-klub op Donderdag, 11 Maart by die Stilbaai-damesdag verteenwoordig.
Hulle het drie uit die vier spelle gewen en was gesamentlik in die tweede plek, maar na alle tellings in ag geneem is was hulle algeheel derde.
Lategan is Saterdag, 13 Maart as die klub se vrouekampioen aangewys. Sy het vir Rina Gouws met 21-9 oorwin.
"Die klub is baie trots op al die vroue wat deelgeneem het. Dankie vir al jul veggees," het Charl Nortjé, die klub se mediabeampte gesê.
Eden-liga
Die klub het Saterdag ook twee spanne gehad wat aan die Eden-liga by Heidelberg-rolbalklub deelgeneem het. Na rondte 1 lê die dubbel- en tripspan gesamentlik in die derde plek uit ses dorpe in die streek. Louw Bester (lei) en Louis Fourie (skip) het die dubbelspan van die klub verteenwoordig. Die tripspan het uit Brendon Damons (lei), Francois Damons (tweede) en Charl Nortjé (skip) bestaan.
"Die klub is verskriklik trots op al ons spelers wat die klub met ligawedstryde verteenwoordig. Dit was 'n baie suksesvolle dag, gevul met vreugde en goeie sportmanskap," het Nortjé gesê.
Alle Covid-19-riglyne, soos deur Bowls South Africa en Eden Bowls, is nagekom.
Sandra Saayman, Miemie du Plessis en Retha Lategan.
Louw Beter (lei) en Louis Fourie (skip).
Vorige artikel: Lategan is dames enkels kampioen
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'