STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard se PRET-netbaltoernooi het Woensdagaand, 4 Februarie, met twee opwindende en hoëgehalte-wedstryde afgeskop.
As dié openingswedstryde enige aanduiding is, lê 'n toernooi vol verrassings en kompeterende netbal voor. Die spanne het vroeg reeds gewys dat geen wedstryd as vanselfsprekend aanvaar kan word nie.
Wedstryde word elke Woensdagaand gespeel, met die uitsondering van 18 Februarie, en die groot eindstryd vind Woensdagaand, 4 Maart, plaas.
Die deelnemende spanne is Thunder Sisters, Fireballs, Game of Throws en 4 en Vlam.
In die eerste rondte het 4 en Vlam die Thunder Sisters met 'n naelskraapse oorwinning van 13 - 12 geklop, terwyl die Fireballs met 'n oortuigende 12 - 6 sege oor Game of Throws geseëvier het.
Woensdagaand, 11 Februarie, pak Game of Throws die Thunder Sisters, terwyl 4 en Vlam teen die Fireballs te staan kom.
Kom ondersteun gerus die spanne op die dorpsveld. Elke wedstryd duur 16 minute (8 minute per helfte), met twee wedstryde wat elke Woensdagaand vanaf 17:30 gespeel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’