Gallery
RIVERSDAL NUUS EN GALERY - Die Riversdal-rolbalklub het verlede Saterdag sy gewilde Presidentsdag-toernooi gehou. Altesame 18 spanne vanuit die kontrei was in aksie.
Die spanne wat deelgeneem het, was Riversdal (6 spanne), Hartenbos (4), Stilbaai (2), Witsand (2), Outeniqua (2), Ladismith (1) en Bonnievale (1).
Witsand het twee spanne in die topdrie gehad: die wenspan en 'n derde plek. Riversdal was tweede met Hartenbos vierde, Stilbaai vyfde en Ladismith sesde.
FOTOGALERY: Presidentsdag-toernooi
Christo Bekker se bal was die naaste aan die Yster-spinnekop nadat almal gelyktydig gerol het.
Die Touchers-wenners is Johan Snyman, Godfrey Fielies en Brendon Damons nadat hulle eerste aan die witbal geraak het.
Ferdie Nel is die lootjiewenner van 'n Aweh-Sports hamper.
Frans Blaauw, president van Riversdal-rolbalklub, het ná afloop van die Presidentsdag gesê die dag was uiters suksesvol en almal het verskriklik lekker saamgerol. Die mededinging was taai en die spanne het mekaar goed opgedreun.
"Ons wil elke span bedank wat deelgeneem het en albei ons borge wat bygedra het tot die dag se sukses, Kasselshoop Kaas en Personal Trust, asook 'n groot dankie aan die vroue wat vir ons heerlike etes voorberei het."Witsand het twee spanne in die topdrie opgelewer. Derde by die Presidentstoernooi was, van links: Jan Storm, Frans Blaauw (president van Riversdal), Marianne Uys en Nico Uys.
Die manspan van Riversdal was tweede. Van links: Brendon Damons, Charldré Saayman, Francois Damons en Frans Blaauw (president van Riversdal).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'