MELKHOUTFONTIEN NUUS - Die Powerballs-potspelklub van Melkhoutfontein het Sondag 3 Junie weer hulle stempel afgedruk op die wedstryd teen die Youngstars.
Die besoekers is met 24-12 op eie bodem onder die tafel ingeskiet.
Powerballs is bekend vir seweborde uitdeel en daarom het Randall du Plessis weer seker gemaak dat twee van sy slagoffers dieselfde pad loop. Youngstars het alles in die stryd geplaas om die Powerballs van hul eie medisyne terug te gee maar die manne van Melkies was te sterk tot aan die einde van die wedstryd.
Powerballs het Sondag hul sesde daaropvolgende wedstryd gewen en ook gesorg vir 'n bonuspunt. Jody Joseph en Hillwin Michiel het elkeen drie wedstryde gewen. Sondag lê die grootste kompetisie voor wanneer hulle teen Dejavu van Heidelberg te staan kom. Die wedstryd vind in Heidelberg plaas en dit is waar Dejavu geen genade toon nie.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'