HEIDELBERG NUUS - Nege vrywilligers van die Stilbaai-pluimbalklub het op Maandag 28 April ’n belangrike rol gespeel in die bevordering van pluimbal in die Hessequa-streek deur drie nuwe pluimbalbane by Kairos Sekondêr in Heidelberg uit te lê en te verf.
Met baie noukeurige meet- en paswerk, en noukeurige verfwerk, is die bane professioneel gemerk om aan kompetisie-standaarde te voldoen. Die projek is deel van ’n groter streekinisiatief om pluimbal onder jong spelers in landelike gebiede te vestig en te versterk.
“Ons is ongelooflik trots om deel te wees van die ontwikkeling van hierdie sport,” het Ursula van Huyssteen, ’n verteenwoordiger van Stilbaai-pluimbalklub gesê.
“Elke nuwe baan beteken nóg meer kinders en volwassenes kan hierdie vinnige en pretsport ontdek.”
Pluimbal is besig om vinnig veld te wen in die Hessequa-streek met junior klubs reeds gevestig in Heidelberg, Riversdal, Stilbaai en Albertinia.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’