RIVERSDALNUUS - Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) bied op Saterdag 27 Mei weer 'n opedag aan by die Frans Joubert-skietbaan in Riversdal.
Dié skietbaan is geleë skuins oorkant die nuwe begraafplaas, maar aanwysings sal aangebring word.
Die doel van hierdie dag is om enigeen wat graag wil, of belangstel in skiet, die kans te gee om dit te kan doen. Almal is welkom, ongeag of jy 'n wapen besit of nie.
Wapens sal deur ander eienaars gedeel word en ammunisie sal voorsien word teen 'n minimale fooi.
Dit sluit verskeie kalibers jaggewere, haelgewere en handwapens in.
Voorleggings gaan gedoen word oor hoe om die regte wapen te kies, basiese wapenveiligheid, skootplasing op verskeie bokspesies, 'n ammunisie herlaaivertoning en nog vele meer.
Die skietdag begin om 09:00 en alle aktiwiteite is gratis.
Rig navrae aan Stephan 071 626 6249 of stuur 'n e-pos na info@suidkaapjagters.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’