RIVERSDAL ROLBALNUUS - Riversdal-rolbalklub kon vir drie ontwikkelingspelers, Marius, Sandra en Shanelle Saayman hul eie rolbalstelle aankoop deur befondsing wat deur Hessequa-munisipaliteit beskikbaar gestel is.
"Ons wil graag die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles en die munisipaliteit bedank vir die wyse waarop hulle altyd na ons klub en die lede omsien," het Charl Nortjé, mediabeampte gesê.
Riaan van Deventer, Hennie Steyn en Mario Ludick het tydens gewone spel op Vrydag, 16 Julie goed gerol deur 12 van 18 koppe te wen. Hulle het elkeen 'n koopbewys vir die prestasies ontvang.
Van links is Bennie Basson (vise-president), Sharon en Owen Calwerley, Marius, Shanelle en Sandra Saayman, asook Marie Boshoff (wedstrydsekretaris).
Riaan van Deventer, Hennie Steyn en Mario Ludick.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'