RIVERSDAL NUUS - Wiaan Erasmus het gedurende Februarie en Maart aan twee o.16-toernooie, wat deel was van die Hessequa-skaakproewe, deelgeneem. Na afloop van die proewe is hy in die Hessequa-span opgeneem.
Hy word uitgenooi na die Eden skole skaaktoernooie. Daar het hy uitgeblink en is gekies om aan die Wes-Kaapse skole skaakkampioenskap vanaf 18 tot 20 Mei in Kleinmond te gaan deelneem.
Erasmus is nou opgeneem in die Eden-span vir deelname aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskap.
Die SAJCC 2018 vind hierdie jaar plaas van 16 tot 20 Desember in Birchwood in Boksburg.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'