Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Hoër Landbouskool Oakdale se 560 kg-toutrekspan, wat Suid-Afrika by die wêreldkampioenskappe in Nederland verteenwoordig het, is as die nuwe wêreldkampioen aangewys.
Die groep van 12 lede, wat onder die Protea-vaandel deelgeneem het, het al sewe hul trekke in die uitdunrondes gewen.
Die 560 kg-span is nie ‘n enkele keer in enige trek teen enige span geklop nie. Wat ‘n prestasie!
Dis die vierde keer dat Oakdale ‘n wêreldkampioenskap wen.
Hulle word deur Piet Lourens afgerig.
Dié video is met ‘n selfoon geneem toe die groot nuus gisteraand (19 September) op eNEWS gebreek is van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal wat die afgelope naweek die junior toutrekkampioenskap in Europa gewen het.
Die groep van 12 lede het onder die Protea-vaandel deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'