Die span was een van vyf genomineerdes om die toekenning te ontvang.
Die feit dat die span onlangs in Switserland die goue medalje tydens die Wêreldkampioenskappe gewen het, asook dat hulle geen trek afgestaan het in die SWD kampioenskappe, SA kampioenskappe en die Wêreldkampioenskappe nie, het verseker dat hulle hierdie toekenning kon verower.

Die Troutrekspan van Hoër Landbouskool Oakdale wat aangewys is by die SWD sporterkenningsaand as 'Sportspan van die jaar.'