RIVERSDAL NUUS – Die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal is as die skolespan van die jaar aangewys by die jaarlikse SA sporttoekennings.
Die toekenningsgeleentheid is in Sun City se Superbowl aangebied.
Daar was 17 toekennings om by die sewentiende aanbieding van dié prestige-toekennings op te raap. Rugby en die Springbokspan het agt daarvan onderskep en suksesvol wenpaal toe gemik.
Dan was daar ook die Riversdallers Piet Lourens, die afrigter van Oakdale se 560 kg-toutrekspan, en sy seun Thys, die spankaptein.
Oakdale het die toekenning as die beste skolesportspan van die jaar ingetrek. “Ons het sedert 2022 baie goed gevaar: van streek, provinsiaal, nasionaal en selfs internasionaal.
Dié toekenning beteken baie en maak 24 jaar se afrigting die moeite werd,” sê Piet, wat dié span na wêreldkampioene in dié sport gelei het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’