OUDTSHOORN NUUS - Sowat 561 atlete en fietsryers het verlede Saterdag in De Rust die Meiringspoort MTB and Trail Run Challenge aangepak.
Volgens een van die organiseerders was daar 'n groot verbetering op vanjaar se wedlope in terme van inskrywings, veral die van E-fietse en tandemfietse.
Die Meiringspoort Challenge het vanjaar ook as 'n Eden XCM-wedloop gekwalifiseer.
Deelnemers is oudergewoonte bederf met roetes wat oor privaat grond gestrek het, voetspoorpaadjies deur 'n rivier, oor 'n bruggie en langs 'n grensdraad insluit het.
Vanjaar se wedlope het uit twee veldwedrenne (9,5km en 19,5 km) en drie MTB-roetes (19,5 km, 38 km nuwe afstand) en 61,5km bestaan.
Chantelle Bosch (middel) was bobaas in die 61,5 km MTB vir vroue. Jackie Davidoff (regs) en Jean-Mari Roelofse was onderskeidelik in die tweede en derde plek.
Die uitslae is as volg:
61,5 km-bergfietswedren (mans)
- Zandré Gerber
- Heinie Beukus
- Ziandro Jordaan
61,5 km-bergfietswedren (vroue)
- Chantelle Bosch
- Jackie Davidoff
38 km-bergfietswedren (mans)
- Alec Coleske
- Streicher Swart
- Jaydan Barandt
- 38 km-bergfietswedren (vroue)
- Isandrie du Plessis
- Marize Barnard
19,5 km-bergfietswedren (mans)
- Daniel le Roux
- Dean Woolley
- Connor Kitching
19,5 km-bergfietswedren (vroue)
- Nadia van Wyk
- Linke Oosthuizen
- Katinka Barnnand
9,5 km veldwedren (mans)
- Francois Maquassa
- Selwyn Matthews
- Gershwill Jacobs
9,5 km veldwedren (vroue)
- Annatjie Botes
- Sanell Bothma
- Micaela Chevalier
19,5 km veldwedren mans
- Lloyd Bosman
- Anderson Ncube
- Bernardo Fredericks
19,5 km veldwedren (vroue)
- Melissa van Rensburg
- Gayle Swanepoel
- Cornel O' Kennedy
Francois Maquassa het die 9,5 km-veldwedren vir mans gewen. Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'